CrimeEditor's choiceNewsUpdateBreaking News

Plaaslike boer, Anton Smuts se plek nou leeg nadat hy vermoor en verbrand is

Mnr. Anton Smuts is die boer van Kinross wat Saterdagaand aangeval, vermoor en verbrand is.

Kinross Polisie het bevestig dat mnr. Anton Smuts Saterdag, 19 Augustus vermoor is.

Hy is op sy plaas in die Kinross- en Lesliedistrik vermoor waarna sy liggaam agter die voorste sitplek van sy Club Cab-bakkie gelaai is.

Sy moordenaars het tot naby die Afghanistan-plakkerskamp gery en die bakkie in die veld geparkeer waar dit aan die brand gesteek is.

Een van die boere in die omgewing het omtreeks 7nm ondersoek gaan instel en op mnr. Smuts se verkoolde liggaam afgekom.

Die polisie het bevestig dat dit ’n plaaslike boer is en dat hulle die moord ondersoek.

Die familie is steeds erg getraumatiseerd en kon nie kommentaar lewer nie.

Mnr. Smuts se voorval was een van vyf plaasaanvalle waarvan daar vier moorde binne 24 uur was.

Die TLU het boere gewaarsku om sekuriteit op te skerp en ten alle tye paraat te wees.

Hulle het ook die gemeenskap gemaan om enige agterdogtige gedrag by die naaste polisie aan te meld.

Lees die volledige artikel in die week se Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button