Local newsNews

Working on Fire en Munisipaliteit bestry brande saam

Working on Fire (WoF) is nou reeds vir hul vierde seisoen aktief in Ermelo met brandbestyding uit die lug.

Working on Fire (WoF) is nou reeds vir hul vierde seisoen aktief in Ermelo met brandbestyding uit die lug.

Mnr. Jaco Johnstone, hoof van Brandweer Msukaligwa Munisipalteit, het besef dat grondspanne nie voldoende is om brande ten volle die hoof te bied nie en het besluit om hulp in te roep.

In oorleg met die Msukaligwa Munisipaliteit en WoF is daar begroot om lugsteun in te bring.

Dié munisipaliteit is tans die enigste in die land met ’n lugsteunooreenkoms.

Saterdag is die publiek blootgestel aan die nuwe projek, Wildlands Emergency Service (WES).

Dié projek gaan vanaf Ermelo bestuur word en gaan bestaan uit twee brandspanne van 25 lede elk, die Huey-helikopter, “spotter”-vliegtuig en ’n Air Tractor 803 “bomber”.

Die beplanning is om 12 basisse in die noordelike streek te vestig.

’n 50 km-radius om Ermelo sal aanvanklik bedien word en die beplanning is dat grondeienaars inkoop by die projek.

Hoe meer grondeienaars inkoop, hoe goedkoper sal dit hulle per hektaar kos.

Inkopers kry die eerste sewe ure per maand gratis brandbestryding.

Die verwagte reaksietyd is maksimum 18 minute op die verste punte.

Die beplanning is ook om plaaslike sekuriteitsmaaskappye en paramedici betrokke te kry in geval van plaasaanvalle of enige ander gevalle waar mediese of sekuriteitsondersteuning benodig word.

Vir meer inligting skakel Zania Viljoen by 082 454 9021.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button