Magda en hokkie soos vinkel en koljander
Sy het ’n talent gehad om foute goed te kon waarneem en kon tydens ’n wedstryd in rustyd, vinnig die foute uitwys sodat haar span in die tweede helfte wenspel opdis.
As ’n mens hokkie en Hoërskool Hoogenhout in een asem noem, is dit onvergeetlik om nie me. Magda Fourie se naam by te voeg nie.
Sy en haar hokkiespelers het deur die jare vrees in hul teenstanders ingeboesem.
Me. Fourie het as jong onderwyser in 1978 by Hoërskool Hoogenhout aangesluit en van meet af het sy die eerstespan onder haar vlerk geneem.
Haar wedstryd as Hoogiesafrigter was teen Volksrust.
Haar span het aan die einde van die wedstryd gelykop geëindig nadat hulle die vorige jaar met 8-0 verloor het.
Me. Fourie se resep vir haar wenspanne was eenvoudig: sterk spanwerk, sterk op geestelike vlak, harde werk, doen die basiese dinge reg, sterk karakter en fiksheid.
Lees die volledige berig in die Echo.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



