Local newsNews

AfriForum maak Secunda-begraafplaas skoon

Die tak het meer as 40 sakke rommel opgetel, die gras gesny en die terrein ontbos.

Die plaaslike AfriForum-tak het die begraafplaas op die dorp op 16 Augustus skoongemaak en ontbos.

Dit vorm deel van die burgerregtewaghond se Rus in Vrede-veldtog wat op die opknapping en instandhouding van begraafplase fokus.

Die tak het meer as 40 sakke rommel opgetel, die gras gesny en die terrein ontbos.

Na afloop van dié aksie, het die tak ook 60 sakke rommel voor die Coron Place- en Nerina-woonstelblok opgetel.

Volgens mnr. Fanie van Zyl, voorsitter van omgewingsake by die plaaslike tak, word talle soortgelyke aksies op die dorp beplan.

Mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, het gesê: “Ons is hier om ’n positiewe verskil in ons dorp en gemeenskap te maak.

“Die tak nooi alle inwoners om ook deel van die span te vorm.”

“Gemeenskappe kan deur selfdoenaksies die toekoms in hul eie hande neem.

“Inisiatiewe soos dié skep hoop in ’n gemeenskap en is ’n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word.”

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke.

Sms Begraafplaas na 45350.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button