Local newsNews

Bethal paramedikus het geleer om trauma te verwerk

“Ek glo dat ’n mens iets spesiaal in jou moet hê om dié soort werk te doen en daarmee saam te leef.”

Me. Cindy Swart glo dat haar familie haar help om die trauma wat sy as paramedikus beleef, te verwerk.

Volgens haar leer ’n mens deur die jare hoe om die situasies te hanteer.

Me. Swart, wat op Bethal gebore is en hier grootgeword het, het reeds in gr. 10 haar eerste noodhulpkursus gedoen.

Sy het toe by Hoërskool Hoogenhout se sportwedstryde met noodhulp gehelp.

Net nadat sy haar gr. 12-eksamen in 1997 geskryf het, het sy die basiese ambulans-assistantkursus in Volksrust gedoen.

Op die tweede dag van die kursus, is sy genader om by die destydse Oosvaal Streekdiensteraad te werk.

Sy het hierna nooit teruggekyk nie.

Deesdae is sy die waarnemende stasiebevelvoerder by Bethal EMS wat deel vorm van Mpumalanga se Gesondheidsdepartement.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

 

Me. Cindy Swart (waarnemende stasiebevelvoerder van Bethal EMS) wil niks anders doen as om mense te help nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button