CrimeNews

Bethal se buurtwaglede kry opleiding

Lede is opgelei in die hantering van verskeie tonele, asook die regte prosedure om radio’s te gebruik.

Die AfriForum-buurtwag en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Bethal het verlede week opleiding ontvang.

Tydens die sessie is buurtwaglede opgelei in die hantering van verskeie tonele, asook die regte prosedure om radio’s te gebruik.

“AfriForum bied opleiding aan al sy buurtwagstrukture om te verseker dat buurtwaglede met die nodige kennis toegerus word om gemeenskappe in tye van nood by te staan,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

Mnr. Jaap Pretorius, voorsitter van AfriForum se buurtwag op Bethal, het op sy beurt gesê dat hulle ’n positiewe verskil in die gemeenskap wil maak.

“Ons is egter net so sterk soos ons ledetal en daarom versoek ons Bethal se inwoners om by die buurtwag betrokke te raak.”

Inwoners kan die noodnommer 072 711 3410 skakel in geval van nood, of vir meer inligting.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button