Local newsNews

17-jarige motorfietsryer tref voetganger in Beyers Naudéstraat

’n Dokter het op 25 Augustus op die motorfietsbestuurder, Calvyn Green (17) se been geopereer.

Twee mense is omstreeks 5nm op 24 Augustus in Beyers Naudéstraat beseer nadat ’n motorfiets ’n voetganger gestamp het.

Albei is in die Standerton Hospitaal opgeneem.

’n Dokter het op 25 Augustus op die motorfietsbestuurder, Calvyn Green (17) se been geopereer.

Sy ma, me. Chantel Green, het benadruk dat die paramedici hul wonderlik van hul taak gekwyt het.

Me. Green het gesê dat die diens by Standerton Hospitaal puik was van die oomblik wat hul by ongevalle aangekom het.

Sy het ook gesê dat dit skoon en netjies was met behulpsame personeel.

Die gebeure rondom die ongeluk is vaag weens twee groepe ooggetuies wat verskil of die verkeerslig groen of rooi was.

Hulle was dit eens dat die voetganger van oorkant die pad oorgehardloop het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button