CrimeNews

Standerton Buiteklub-werknemer kom weer in hof voor

Die saak is na 4 September uitgestel.

Na ’n gewapende roof op 26 Junie by die Standerton Buiteklub, sal die drie verdagtes, mnre. Vusi Johannes Gule, Sphiwe Mabanga en Samuel Molefe op 4 September in die Landdroshof, Standerton voorkom.

Tydens die voorval is die klub binnegegaan en me. Joanne Adendorff en haar dogter, Kyla Cubitt, vasgebind en binne die kluis toegesluit.

Me. Adendorff het haar selfoon so versteek dat die verdagtes nie bewus was dit sy dit nog by haar gehad het nie.

Na hulle toegesluit is, het hulle hulp ontbied en Kasselman Veiligheidsdienste was vinnig op die toneel en die Standerton Polisie kort daarna.

’n Soektog is geloods na waar die een verdagte, mnr. Mabanga homself in die riete by die negende putjie van die gholfbaan probeer wegsteek het.

Van die gesteelde goedere is by hom gevind.

Hy het na bewering dadelik die werknemer, mnr. Gule, van aandadigheid beskuldig.

Die derde verdagte, mnr. Molefe, is op 26 Julie in Sakhile in hegtenis geneem.

Hy het op 27 Julie in die Standerton Landdroshof verskyn na ’n maand op vrye voet.

Die Standerton Advertiser sal lesers op hoogte hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button