Sluit by Secunda 911 Assist aan
Verskillende nooddienste is ook op dié kanaal ingeskakel en kan dadelik reageer wanneer daar nood is.
SECUNDA – Secunda 911 Assist is reeds in Augustus 2016 gestig en het al meer as 1 600 aktiewe lede.
Dié groep is gestig om ’n diens aan die gemeenskap te lewer en om sodoende nooddienste by te staan.
Verskeie lede van die gemeenskap is reeds deel van die groep.
Daar is ’n kanaal op Zello gestig.
Zello kan op jou foon afgelaai word en werk amper soos ’n tweerigtingradio.
Verskillende nooddienste is ook op dié kanaal ingeskakel en kan dadelik reageer wanneer daar nood is.
Dié kanaal word slegs vir misdaadbekamping gebruik en ongelukke, inbrake, brand- en ander noodgevalle kan daarop aangemeld word.
Huismoles kan nie op Zello aangemeld word nie.
Daar is reeds groot suksesverhale van hoe die kanaal gehelp het om misdadigers aan te keer en ander mense te help.
ER24, Stratcon risk, SSS-sekuriteits-maatskappy, AfriForum, JTR-, GTR Towing, SPF, Langamed Suid Ambulansdienste en die brandweer is reeds deel van die kanaal.
Vir meer inligting, skakel Jacques by 079 870 6897 of Jaco (jnr) by 072 204 7198.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



