MunicipalNews

Inwoner hoogs onsteld oor watervermorsing op Standerton

Hoewel Mpumalanga nie soos die Wes-Kaap onder ’n nypende watertekort gebuk gaan nie, is vermorsing op dié skaal beduidend.

Me. Theresia van Wyk van Meyerville het besluit om nie Gods water oor Gods akker te laat loop nie.

Me. Van Wyk het einde ten laaste, na herhaaldelike oproepe na die Lekwa Munisipaliteit en selfs die provinsiale Departement van Waterwese in Mbombela (Nelspruit), met die Standerton Advertiser in verbinding getree.

Smutsstraat in Meyerville.

’n Joernalis het waterlekke in Smutsstraat en die kruisings van Esselen- en Britstraat, Mulder- en Landaustraat, Nelson Mandelarylaan en Hawthornestraat, en Nelson Mandelarylaan en Strydomstraat afgeneem.

Die kruising van Nelson Mandelarylaan en Strydomstraat.

’n E-pos is op 30 Augustus aan me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, gestuur met die foto’s aangeheg en toepaslike vrae oor infrastruktuur.

Dié waterlekke is ook by die nasionale departementele inbeldiens aangemeld.

Die kruising van Nelson Mandelarylaan en Strydomstraat.

Hoewel Mpumalanga nie soos die Wes-Kaap onder ’n nypende watertekort gebuk gaan nie, is vermorsing op dié skaal beduidend.

Die koerant het in die 5 Februarie uitgawe verlede jaar die top 10 waterlekke op die dorp genoem en sakelui in die industriële gebied het laat weet dat almal nie aangedui is nie.

Die kruising van Nelson Mandelarylaan en Hawthornestraat.

’n Mens kan egter net asem ophou vir die middedorp, die uitbreidings, Sakhile en Rooikoppen, Azalea en Stanwest.

Die kruising van Mulder- en Landaustraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button