Local newsNews

Bobaasbraaier van Standerton verklap meer oor homself

“In die aangesig van die Here is dié waentjie gebou en deur mense wat my goedgesind was, is ek dankbaar vandag,”

’n Noodgedwonge besluit het gemaak dat Arthur Coop vandag die lekkerste worsbroodjies verkoop en as Standerton se braaimeester bekendstaan.

“In die aangesig van die Here is dié waentjie gebou en deur mense wat my goedgesind was, is ek dankbaar vandag,” het Arthur gesê.

Hy en sy gesin het Standerton toe getrek en met jare se konstruksie-ondervinding was hy oortuig dat hy weer ’n werk op die dorp sou kry.

Een week het naderhand twee geword, later maande, en niks het gebeur nie.

Arthur het toe aan die worsrolletjiewaentjie begin bou.

Soos hy gesels het, staan ’n gereëlde klant nader en vra om ’n smullekker worsbroodjie.

Met vinnige, flinke hande word die vars worsrolletjie aanmekaargeslaan en die geheime resepsous word mildelik oorgegooi.

“Terwyl ek aan die waentjie gebou het, het ek leiding van die Heilige Gees ontvang.”

Soos hy destyds, geld in die sak, by winkels ingestap het om aankope vir die waentjie te doen, is hy steeds, geld in die sak en produk onder die arm, uit.

“Dit was maar hoe die Here ook in die mense om my se harte gewerk het, glo ek.”

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button