Local newsNews

AfriForum loods Rus in Vrede-veldtog op Bethal, maak begraafplaas skoon

Bethal-begraafplaas was vir ’n geruime tyd in ’n haglike toestand en dit was onveilig vir gemeenskapslede om hul geliefdes se grafte te besoek.

BETHAL – Die AfriForum-tak op Bethal het verlede week ’n skoonmaakaksie, Rus in Vrede, by die Bethal-begraafplaas op die Morgenzon-pad geloods.

Dít volg nadat die Bethal-begraafplaas vir ’n geruime tyd reeds in ’n haglike toestand is en dit ook onveilig is vir gemeenskapslede om hul geliefdes se grafte te besoek.

AfriForum het op 18 Julie ’n versoekskrif oor die toestand van die begraafplaas aan M. Melato, waarnemende munisipale bestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, oorhandig waarin die burgerregte-organisasie eis dat die terrein voor 1 Augustus op ’n volhoubare wyse skoongemaak word.

Dié skrywe het egter geen resultate opgelewer nie.

“Die AfriForum-tak op Bethal wou saam met die munisipaliteit aan ’n volhoubare oplossing werk, maar dit blyk ongelukkig dat die munisipale bestuur geen respek vir die gemeenskap het nie,” het me. Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, gesê.

Die begraafplaas sal ná afloop van AfriForum se inisiatief weer skoon, veilig en toeganklik vir die gemeenskap wees.

“Gemeenskappe kan deur selfdoenaksies die toekoms in eie hande neem.

“Inisiatiewe soos dié skep hoop in ’n gemeenskap en is ’n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

AfriForum Bethal het Bethal-begraafplaas skoongemaak.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/95661/afriforum-maak-secunda-begraafplaas-skoon/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button