Local newsNews

Dokters kan niks meer vir nege-jarige seuntjie met neuroblastoomkanker doen nie

Sy wenslysie moet tussen twee maande en ’n jaar voltooi word omdat dokters niks meer vir nege-jarige kankerlyer kan doen nie.

Hein Vermaak (9) lyk op die oog af soos ’n gesonde nege-jarige seuntjie, veral wanneer hy oor sy Playstation-, XBox- en DanTDM-speletjies begin praat.

Hy is egter in 2014 reeds met tipe een diabetes gediagnoseer.

Sy lewe het verder in November 2016 verander toe dokters bevestig het dat hy neuroblastoomkanker het.

Neuroblastoom is ’n kanker wat uit onvolwasse senuweeselle in verskeie dele van die liggaam ontwikkel.

Dit ontstaan gewoonlik in en rondom die byniere en versprei later na die senuweeselle.

Dit kan ook in ander dele van die maag en in die bors, nek en naby die ruggraat ontwikkel waar groepe van senuweeselle is.

Neuroblastoom raak meestal kinders onder die ouderdom van vyf jaar en dit is juis daarom dat dokters nie seker is presies hoe lank Hein het om te leef of hoe die kanker hom sal beïnvloed nie.

Hy het wel tussen twee maande en ’n jaar oor om sy wenslysie te voltooi.

Dié kanker is reeds in fase vier en baie aggressief.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

Kyk hier na Hein se wenslysie wat hy self geskryf het.

Hein se wenslysie wat hy self geskryf het.

 

 

As jy Hein met geld vir brandstof of self gesonde kos wat hom sal help om kanker te beveg, kan help, skakel Ilona by 082 650 2468.

Hein het ook sy eie Facebookblad, Hein’s Journey, waar jy hom kan volg.

Hein Vermaak (9) is met aggressiewe fase vier neroblastoomkanker gediagnoseer. Dokters kan niks meer vir hom doen nie.
Hein Vermaak (9) is met aggressiewe fase vier neroblastoomkanker gediagnoseer. Dokters kan niks meer vir hom doen nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

LEES OOK:  

https://www.citizen.co.za/ridge-times/58954/zayden-coetzee-2-verloor-stryd-teen-kanker/

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button