Local newsNews

Voorsitter van gemeenskapspolisiëring en AfriForum Buurtwag wil Bethal ’n veiliger dorp maak

Die GPF is die stem tussen die mense en die polisie en werk onder die setel van die polisie.

’n Plaasseun met ’n passie vir die Bosveld, leef sy tweede passie uit deur intensief betrokke te wees by gemeenskapspolisiëring (GPF) op Bethal.

Mnr. Jaap Pretorius is die voorsitter van die GPF, asook voorsitter van die AfriForum Buurtwag op Bethal.

“As iets by my huis gebeur, sal ek wil hê dat Bethal se mense my moet help en daarom wil ek help om die dorp veiliger vir sy mense te maak. Dit is deel van my.”

Sy droom is om die dorp só veilig te help maak dat dit nie vir die lede nodig is om snags rond te ry nie.

Maar sy grootste droom is om ’n huis in die Bosveld te besit..

Volgens mnr. Pretorius is die GPF ’n ekstra hand vir die polisie, hoewel hulle nie dieselfde mag het nie.

Hy het gesê dat die GPF die stem tussen die mense en die polisie is en dat hulle onder die setel van die polisie werk.

Mnr. Pretorius het dit duidelik gestel dat die GPF vir alle inwoners van Bethal is, nie net ’n sekere groepie nie.

“Ons wil hê dat die inwoners ons gemeenskapsvergaderings bywoon en by ons aansluit.”

Dié vergaderings word elke drie maande gehou.

Daar is geen aansluitingsfooi of maandelikse fooi nie.

Volgens mnr. Pretorius beplan hulle om in die nabye toekoms subsektore daar te stel sodat nog meer mense betrokke kan wees.

“Die GPF word deur die gemeenskap bestuur en is vir die gemeenskap.”

Hy het ’n beroep op mense gedoen om betrokke te raak en te help dat Bethal en sy mense veiliger is.

“Daar is nog baie werk wat voorlê, maar met die inwoners se hulp, gaan ons die dorp veiliger maak.”

Mnr. Pretorius het op die plaas Vorentoe, tussen Ogies en Kriel, grootgeword en op Ogies skoolgegaan.

Hy werk vir ’n siviele konstruksie maatskappy.

Hy is getroud met Patricia en die egpaar het twee kinders, JP (9) en Anke (5).

Belangstellendes in die GPF kan hom skakel by 082 806 1921, of die noodnommer by 072 711 3410.

Mnr. Pretorius het die span van die GPF en buurtwag bedank vir alles wat hulle opoffer.

“Sonder dié groep mense gaan niks moontlik wees nie.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnr. Jaap Pretorius (voorsitter van Bethal GPF en die AfriForum Buurtwag) droom van ’n huis in die Bosveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button