Bethal DBV voorsitter se lewe draai om diere en oumense
Sy is die afgelope meer as twee jaar die voorsitter van die plaaslike DBV nadat sy vir jare haar eie gastehuis bedryf het.

Me. Minna Duminy se lewe wentel om haar gesin, haar tuin, diere en oumense.
Sy is die afgelope meer as twee jaar die voorsitter van die plaaslike DBV nadat sy vir jare haar eie gastehuis bedryf het.
“Oumense lê my baie na aan die hart en ek het vir jare twee inwoners van die ouetehuis ‘aangeneem’ en na hulle omgesien nadat hul kinders hulle net daar afgelaai het.
“Hul kinders het hulle nooit besoek nie en ek kan nie verstaan hoe ’n mens so iets kan doen nie.
“Ek het vir hulle gaan kuier en hulle bygestaan totdat hulle dood is.
“Ek het baie empatie vir oumense en dit is erg om verwaarloosde mense te sien.”
Lees die volledige berig in die Ridge Times.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




