Local newsNews

Ons Winkel in Bethal help kinders om verder te studeer

Buiten studiegeld, word inkomste ook gebruik vir nood in die gemeenskap.

Ons Winkel Bethal het verlede Vrydag sy deure op die dorp oopgemaak.

Dié winkel is ’n projek van Solidariteit Helpende Hand.

Hier word enige tweedehandse item verkoop en die wins word aangewend om kinders van Bethal en die res van Mpumalanga die geleentheid te gee om te gaan studeer.

Buiten studiegeld, word dit ook gebruik vir nood in die gemeenskap.

Volgens mnr. Jorrie Jordaan van Ons Winkel, is hulle afhanklik van skenkings.

Die winkel is in Du Plooystraat, oorkant Spar en agter die karwasonderneming, geleë.

Mnr. Jordaan bestuur die winkel namens Helpende Hand.

Skakel hom by 082 764 0070.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Mnre. Jorrie Jordaan (Ons Winkel) en Jeandra Venter (voorsitter: Bethal Tafelronde). Die Bethal Tafelronde het klere aan Ons Winkel geskenk wat hulle deur middel van ’n projek ingesamel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button