Oud-stadsingenieur van Bethal mis sy dae op die gholfbaan
“Dit is baie hartseer en ontstellend om die progressiewe agteruitgang van Bethal se infrastruktuur te sien weens die algehele gebrek aan onderhoud.”

’n Bethaller in murg en been is hoe ’n mens mnr. Pieter Kruger kan beskryf.
Hy is op ’n plaas in die distrik gebore, het hier skoolgegaan en het na sy studies by die Departement van Landbou in Nylstroom gewerk, maar het nie lank daarna nie, sy pad terug na Bethal gevind.
Hy het in 1964 by die destydse Bethal Stadsraad begin werk en is in 1967 as stadsingenieur aanvaar, ’n pos wat hy tot sy aftrede in 1996 beklee het.
Mnr. Kruger was instrumenteel in die daarstelling van verskeie ingenieursinfrastruktuurdienste op die dorp.
“Dit is egter vir my baie hartseer en ontstellend om die progressiewe agteruitgang van Bethal se infrastruktuur te sien weens die algehele gebrek aan onderhoud.”
Volgens hom, gaan die dorp se infrastruktuur só vinnig agteruit, wat ’n mens in 20 jaar nie sal kan terugkry nie as jy nou met onderhoud begin nie.
Mnr. Kruger was ook op sy dag president van Bethal Gholfklub en het volgens hom “geleef vir gholf”.
“As ek die Saterdag nie kon speel nie, kon ek amper nie die volgende week werk nie,” het hy tong in die kies gesê.
Hy moes egter in die negentiger jare sy gholfstokke bêre nadat hy ’n oogsiekte opgedoen het.
Sy stokke staan egter steeds in sy motorhuis.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




