
Rowers het R70 000 buitgemaak in ‘n gewapende roof by ‘n woning in Cassimpark.
Die voorval het verlede Woensdag om ongeveer 10:00 plaasgevind. Volgens die klaagster (19) het ‘n man hom as ‘n munisipale werker wat die kragmeter moes nagaan, voorgedoen om toegang tot die perseel te kry.
Die man het glo kort daarna weer die perseel verlaat en later teruggekeer vergesel van twee ander mans.
Die drie verdagtes het die klaagster met ‘n vuurwapen gedreig en die huis deursoek waarna hulle met kontant wat hulle in die huis gekry het op die vlug geslaan het.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



