Local newsNews
Shirley bedien haweloses en kankerpasiënte op Secunda
Sy het drie jaar gelede die Diens van Barmhartigheid-projek by die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente begin.
Me. Shirley Coetzee (53) se sagte hart vir haar medemens kom al sedert haar kinderdae.
Sy het drie jaar gelede die Diens van Barmhartigheid-projek by die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente begin.
Met dié projek gee sy en haar span vrywilligers weekliks vir haweloses op die dorp kos.
Me. Coetzee werk al drie jaar vir die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente as tuisversorger.
Sy help ook al jare by Kansa as vrywilliger.
Die Rondekerk, die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente en die N.G. Kerk Oos-gemeente ondersteun haar gereeld met al haar projekte en gee kospakkies en staan kankerpasiënte by.
Vir meer inligting, skakel me. Coetzee by 076 577 1165.
Lees die volledige artikel in die Echo.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



