Bethal DBV vra hulp met rehabilitasie en veearts kostes na Jakkels se been geamputeer is
Opregte Duitse Herdershond se been is twee weke gelede geamputeer nadat hy deur ’n taxi raakgery is

’n Opregte Duitse Herdershond, Jakkals, se been is twee weke gelede geamputeer nadat hy deur ’n taxi raakgery is.
Volgens me. Laurna Coetzer van Bethal DBV, het die eienaars met Jakkals by die DBV aangekom om hulp te soek.
Jakkals se ma het met hom in haar arms agterop ’n bakkie gesit.
Haar man kon nie die veeartskoste bekostig nie en me. Coetzer het besluit om Jakkals te help deur middel van die DBV se Almoning-stelsel.
Deur middel van dié stelsel, kan mens en dier gehelp word wanneer die eienaars finansieel nie daartoe in staat is nie.
Dr. Melinda Hansen op Evander kon nie Jakkals se been red nie en moes dit amputeer.
Volgens me. Coetzer word die wond gesond en Jakkals se prognose is goed.
Hulp word egter benodig om Jakkals te rehabiliteer en geld is ook nodig om die veearts se rekening te betaal.
Mense wat bereid is om te help, kan me. Coetzer skakel by 017 637 5360.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




