Kapt. Lizzie Koekemoer stig destydse kinderbeskermingseenheid
Kapt. Koekemoer se loopbaan in die polisie het na skool begin toe sy vir ses maande na die Polisie Kollege in Pretoria gegaan het.

Kapt. Lizzie Koekemoer, hoof van die familiegeweld-, seksuele mishandeling en kinderbeskermingseenheid, wou eers ’n verpleegster word, maar nadat sy tydens skoolvakansies in die hospitaal gaan werk het, het sy besef dié beroep is nie vir haar nie.
Sy het in 1995 die destydse kinderbeskermingseenheid (KB) saam met nog twee polisielede begin.
Die nasionale polisie het egter dié eenheid asook die destydse moord- en roofeenheid in 2007 toegemaak.
Die KB-eenheid het egter in 2010 weer sy deure geopen, maar staan nou bekend as die familiegeweld-, seksuele mishandeling en kinderbeskermingseenheid.
Kapt. Koekemoer se loopbaan in die polisie het na skool begin toe sy vir ses maande na die Polisie Kollege in Pretoria gegaan het.
Na haar opleiding het sy in Pretoria as polisievrou gewerk, maar is later na die Hoëveldgebied verplaas.
Sy het al by verskeie polisiestasies in die omgewing gewerk, asook vir vyf jaar by eMbalenhle Polisiestasie.
Lees die volledige berig in die Ridge Times koerant.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




