Bethal-melkery melk 400 Holsteins drie keer ’n dag
‘n Gemiddelde koei lewer sowat 35 liter melk ’n dag en eet sowat 50kg voer ’n dag.

Die Malans boer sedert 1926 op die plaas Rusticana net buite Bethal.
Mnr. Phillip Malan se pa het destyds die plaas gekoop en eers deeltyds daar geboer, maar na sy aftrede was hy ’n voltydse boer.
Teen die tyd dat mnr. Malan universiteit toe is om regte te studeer, was die melkery op die plaas gevestig en is dit deur sy ma bestuur.
Hoewel hy sy klerkskap as prokureur voltooi het, het hy nooit as prokureur gepraktiseer nie, maar hom eerder op die boerdery toegespits.
Hy het in 1980 die melkery oorgeneem, stoetverse gekoop en sy stoet begin.
Deur die jare het hulle die melkery uitgebrei en gemoderniseer.
Deesdae bestuur mnr. Malan, sy vrou Esther en hul seun Daan die melkery saam.
Mnr. Malan (jnr) het in 1991 by sy ouers op die plaas aangesluit.
Lees die volledige berig in die Ridge Times.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




