Annelize gee kankellyers hul selfrespek terug
“Wanneer kankerpasiënte hul hare verloor, verloor hulle ook hul selfbeeld en deur hare te skenk probeer ek hulle hul selfbeeld terugkry."

Me. Annelize Dell is die afgelope paar jaar aktief besig om ’n verskil te maak in kankerlyers se lewens.
Haar ma is in 2011 met borskanker gediagnoseer en is sedert 2013 in remissie.
Haar skoonsuster wat in Amerika gewoon het, is egter in 2012 aan beenkanker dood.
Dié terugslae het haar genoop om aktief betrokke te raak in die stryd teen kanker.
Van ’n klein begin in 2014 toe sy ma’s uitgedaag het om hul hare te laat groei sodat hulle hul poniesterte kan afsny, is drie haarsalonne op die dorp instrumenteel daarin dat hare geskenk word.
Die hare word aan die Kankervereniging van Suid-Afrika geskenk sodat pruike gemaak kan word vir mense wie se hare uitgeval het weens kankerbehandeling.
Lees die volledige berig in die Ridge Times.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




