Local newsNews
Vragmotorbestuurder verloor beheer oor voertuig
Die bestuurder het gesê dat hy probeer het om ’n ongeluk te vermy.
’n Vragmotorbestuurder het op 21 September beheer oor die vragmotor op die R39 by die Bethal-afdraai verloor en aan die kant van die pad in ’n sloot te lande gekom.
Volgens ’n ooggetuie het ’n ander vragmotor die stopstraat van Bethal se kant af genader.
Die bestuurder, wat in die ongeluk betrokke was, was na Ermelo se rigting onderweg.
Blykbaar het die ander vragmotorbestuurder wat moes stop, die voertuig nie heeltemaal tot stilstand laat kom nie.
Volgens die ooggetuie het hy voor die aankomende vragmotor ingedraai.
Die bestuurder het gesê dat hy probeer het om ’n ongeluk te vermy.
Die nodige dienste was vinnig op die toneel en die polisie het ook later opgedaag.
Niemand is ernstig beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



