Local newsNews

Help kankerpasiënte, koop ’n strik by die Ridge Times se kantoor

Ridge Times ondersteun ATKV se kankeromgeeprojek.

Die Ridge Times is deel van die ATKV Kosmosrandtak se jaarlikse Kankeromgeeprojek en strikke is by die Ridge Times se kantoor beskikbaar.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Kosmosrandtak, het gesê al die geld wat met dié projek ingesamel word, word gebruik om kankerpasiënte te help.

Die idee van die strikke is vir bewusmaking en om geld in te samel.

’n Strik kos R20 en kan aan bome of pale vasgemaak word.

Dit is ook by Marietjie Skool se Lentemark wat tot 28 September duur, beskikbaar.

Dié strikke is beskikbaar in geel vir kinderkanker, blou vir kanker onder mans, pienk vir kanker onder vroue en pers vir enige kanker.

Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

 

Die Ridge Times ondersteun die AKTV Kosmosrand se Kankeromgeeprojek. Hiér is me. Jana Oosthuizen (verslaggewer), me. Janett Zaayman-Wansbury (groepbestuurder) en me. Annaline Smith (groepadvertensiebestuurder).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button