Editor's choiceLocal newsNews

Pierre Russouw stel liedjie bekend vir nege-jarige seuntjie met neuroblastoomkanker

“Ek sal graag alles op my wenslysie wil doen voordat ek doodgaan. ”

https://www.facebook.com/diePEER/videos/1233113203461104/

 

 

 

Hein Vermaak (9) van die Hoëveld is in 2014 reeds met tipe een diabetes gediagnoseer.

Sy lewe het verder in November 2016 verander toe dokters bevestig het dat hy neuroblastoomkanker het.

Dié kanker is reeds in fase vier en is baie aggressief.

Nadat sy ouers vir hom vertel het dat hy kanker het en moontlik net tussen twee maande en ’n jaar het om te leef, het hy sy eie wenslysie opgestel.

“Ek sal graag alles op my wenslysie wil doen voordat ek doodgaan. Baie dankie aan almal wat my al gehelp het om van die dinge op my lysie te kan doen,” het Hein gesê.

Een van sy wense was om deur Suid-Afrika te toer en op verskillende plekke te kamp.

Nóg ’n wens was om in ’n hotel te kan tuisgaan waar daar kamerdiens en ’n warmwaterswembad is.

Hein se wenslysie in sy eie woorde.
1. Ek wil ‘n motor home he. (Deur Caring Daisies op 25 Augustus geskenk)
2. Ek wil ‘n working iron man suit he
3. Ek soek ‘n baba boetie of susie
4. visit amanzimtati
5. visit the kuger nashanal park.
6. be in zero gravity
7. have a microsoft card for xbox1 to buy games
8. have a nintendo 3ds with lots of games
9. stay in a hotel with warm swim, games and room servise
10. camping through south africa

Skenkings van verskeie dele van die land het ingestroom, maar die probleem is dat die gesin nie genoeg geld vir brandstof het om na dié plekke te reis nie.

Om te kan vlieg sal ook selfs goedkoper wees, maar hulle kan dit ook nie bekostig nie.

Die gesin is verras toe die sanger Pierre Russouw ingestem het om ’n video met foto’s van Hein saam te stel.

“Ek het die sanger Pierre Russouw gekontak om te hoor of ons een van sy liedjies waarvan ons baie hou, mag gebruik.

“Hy het ingestem om self ’n video te maak waar hy Hein se foto’s saam met sy liedjie inkorporeer.

Hein Vermaak by De Voetpadkloof-vakansieoord waar hy dit die meeste geniet het om in die onderdakse swembad te swem.

“Nadat ek vir hom Hein se verhaal vertel het en die foto’s vir hom gestuur het, het ons fantastiese nuus gekry.

“Pierre wil ’n liedjie wat hy nog nie vrygestel het nie aan Hein toewy en dan Hein se foto’s en storie gebruik om die liedjie vry te stel,” het sy vertel.

In ’n Whatsapp-gesprek met Pierre het hy aan die Vermaak-gesin bevestig dat die liedjie gereed is en aan Hein se Facebookblad, ‘Hein’s Journey’ gekoppel mag word.

“Ons was in trane nadat ons die video gesien het en het hoendervleis gehad. Dit was een van die grootste geskenke en herinneringe wat ons kon ontvang,” het me. Vermaak gesê.

Hulle het ook ’n “Be Kind”-veldtog begin en verkoop sleutelhouers en borspelde teen R20 elk om geld in te samel.

Hein plak en “glitter” self.

Neuroblastoom is ’n kanker wat uit onvolwasse senuweeselle in verskeie dele van die liggaam ontwikkel.

Dit ontstaan gewoonlik in en rondom die byniere en versprei later na die senuweeselle.

Dit kan ook in ander dele van die maag en in die bors, nek en naby die ruggraat ontwikkel waar groepe van senuweeselle is.

Neuroblastoom raak meestal kinders onder die ouderdom van vyf jaar en dit is juis daarom dat dokters nie seker is presies hoe lank Hein nog het om te leef of hoe die kanker hom sal beïnvloed nie.

Indien jy een van Hein se sleutelhouers of borspelde wil koop of ’n donasie kan maak, skakel Ilona by 082 650 2468.

Anonieme skenkers kan die volgende bankbesonderhede gebruik: Capitec Bank, HS Vermaak, rekeningnommer 1540570159, takkode 470010.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/96897/hein-leef-nou-net-voluit-vir-elkedag/

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button