Local newsNews
Uno vat vlam in Secunda Mall-parkeergebied
ER24, Secunda se brandweer, JTR en GTR Towing was op die toneel en het gehelp om die vuur te blus.

‘n Uno het gistermiddag, 27 September vlam gevat in Secunda Mall se parkeergebied.
Volgens mnr. André Momberg van ER24 het die bestuurder rook uit sy enjinkap sien kom terwyl hy gery het.
Die bestuurder het dadelik gestop en uit die voertuig geklim, waarna die voertuig aan die brand geslaan het.
ER24, Secunda se brandweer, JTR en GTR Towing was op die toneel en het gehelp om die vuur te blus.
Die bestuurder van die Uno was alleen in die voertuig en het geen beserings opgedoen nie.
(Foto’s: JTR Towing)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



