Local newsNews

Ontmoet Secunda se eie weerman

Hy het juis ’n weerstasie in Secunda begin omdat Secunda nog nie eers op die nuus en weerkanale se kaarte verskyn het nie.

Mnr. Cor Rademeyer het reeds in 2009 met ’n weerstasie op Secunda begin en het op skool altyd die weervoorspelling gekyk en belanggestel in hoe weerpatrone werk.

Na matriek het mnr. Rademeyer elektroniese ingenieurswese gaan studeer.

Hoewel hy al voorheen op ander dorpe ook weerstasies opgestel het, het hy in 2009 die een op Secunda by sy huis begin en in November 2009 die data aanlyn beskikbaar begin stel.

Mnr. Rademeyer wou graag die data wat hy van Secunda en die omgewing bymekaar maak, deel.

Hy het juis ’n weerstasie op Secunda begin omdat Secunda toe nog nie op die nuus en weerkanale se kaarte verskyn het nie.

 

Mnr. Rademeyer bou elektroniese toestelle en maak self amateur radio’s reg.

Secunda Radio Amateurklub is bevoorreg om hom as lid te kan hê.

 

Vir meer inligting oor die weerstasie of vir die weervoorspelling, besoek die webwerf by secundaweather.co.za.

 

Mnr. Cor Rademeyer het in 2009 sy eie weerstasie op Secunda opgestel en data bymekaar begin maak. Hier is hy by die verskillende rekenaarskerms en toestelle wat hy gebruik om die weerpatrone dop te hou.
Mnr. Cor Rademeyer het in 2009 sy eie weerstasie op Secunda opgestel en data bymekaar begin maak. Hy het ook in 2003 sy eie bier begin brou en speel boonop drie verskillende musiekinstrumente.
Mnr. Cor Rademeyer het in 2009 sy eie weerstasie op Secunda opgestel en data bymekaar begin maak. Hier is hy by die verskillende rekenaarskerms en toestelle wat hy gebruik om die weerpatrone dop te hou.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Lees die volledige berig in die week se Ridge Times.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button