Santa Shoebox-projek samel Kersgeskenke vir kinders in
Die doel van die projek is om ’n skoenboks vol te maak met sekere items wat kinders benodig, soos ’n kledingstuk, lekkergoed, ’n speelding, ’n waslap, seep, ’n tandeborsel en tandepaste en skryfbehoeftes.
Me. Gerda Peuckert en me. Janneke Greeff het verlede jaar die Santa Shoebox-projek op Secunda begin.
Dié inisiatief is 10 jaar gelede in die Kaap begin en Secunda was verlede jaar vir die eerste keer ’n afsetgebied.
Die doel van die projek is om ’n skoenboks vol te maak met sekere items wat kinders benodig, soos ’n kledingstuk, lekkergoed, ’n speelding, ’n waslap, seep, ’n tandeborsel en tandepaste en skryfbehoeftes.
Besoek die webwerf by www.santashoebox.org.za waar jy ’n kind kan kies vir wie jy ’n boks wil pak.
Elke kind se benodigdhede en besonderhede soos ouderdom is op die webwerf beskikbaar.
Vir meer inligting, skakel me. Greeff by 083 999 0161 of me. Peuckert by 082 499 4662.
Dié vroue het verlede jaar 150 bokse ingesamel wat aan die Phumelela Daycare Centre op eMbalenhle geskenk is.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



