Voormalige Standerton burgemeestersvrou systap daaglikse sleur
“Ek weet hoe om met ’n slap poeding agter in ’n kar te ry,” was Norma-Anne se opsomming.
Me. Norma-Anne Bakker het geen bekendstelling nodig vir diegene wat tred gehou het met burgemeesterspare op Standerton nie.
Met haar eggenoot, Bert, aan stuur van sake het hulle die 1982/1983-termyn by die stadsraad uitgedien.
Van die uitdagings destyds was dat hy nie ‘n kantoor by die munisipaliteit gehad het nie en die onthaaltoelaag se beperkinge het burgemeesters se vroue genoop om bykans al die spyseniering self te doen.
“Ek weet hoe om met ‘n slap poeding agter in ‘n kar te ry,” was Norma-Anne se opsomming.
Bert was verbaas om aan die einde van die eerste maand wat hy ‘n stadraadslid geword het, ‘n tjek te ontvang.
Hy het nie besef dat hy betaal sou word vir iets wat hy vir die gemeenskap wou doen nie.
Vir die bywoning van amptelike geleenthede was integriteit en grasie vooropgestel as verteenwoordigers van Standerton.
Me. Juliana te Water, voormalige eerste, vroulike burgemeester in die Transvaal, soos dit destyds bekendgestaan het, het die inhuldiging van die burgemeester drasties verander.
Dit was nie net meer ‘n melkskommel in die Rex Kafee nie, maar sy het die swier en elegansie van die Kaap ingedra en Standerton onder die aandag van selfs die stadsraad van Johannesburg gebring.
“Sy was my rolmodel omdat sy ontsettend baie vir die dorp gedoen het.”
Norma-Anne en Bert se paaie het in 1958 op die skoolbanke op Vryburg gekruis.
“Ons was nie ‘n ‘item’ nie.
“Hy het kerk toe gegaan en ek het gedans…..”
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



