Santa Shoebox-projek moedig mense aan om skoenbokse te vul om ander te help
Die skoenbokse kan op 3 November vanaf 10vm tot 5nm, op 4 November vanaf 10vm tot 3nm of op 5 November vanaf 10vm tot 2nm by Curro Secunda afgegee word.

Die Santa Shoebox-projek vind vanjaar vir die tweede keer op Secunda plaas.
Me. Janneke Greeff en me. Gerda Peucket het dit verlede jaar vir die eerste keer op Secunda aangebied waartydens inwoners geskenke kon opmaak wat aan kinders in die omgewing geskenk is.
Dié projek was verlede jaar ’n groot sukses en hulle kon 150 bokse aan die Phumelela Day Care Centre op eMbalenhle skenk.
Hul mikpunt vir vanjaar is om 453 bokse in te samel wat aan Phumelela Day Care Centre, Adullam Sendingstasie buite Evander, die Inkanyezi Drop-in Centre op Standerton en die Children of Dawn-sentrum op Ermelo geskenk gaan word.
“Ons het tans 253 bokse en benodig dus nog 200,” het me. Peuckert gesê.
Inwoners kan nog tot 2 November bokse opmaak.
Besoek die webwerf by www.santashoebox.org.za waar jy ’n kind kan kies vir wie jy ’n boks wil pakVan die items sluit in ’n kledingstuk, lekkergoed, ’n speeding, ’n waslap, seep, ’n tandeborsel en tandepaste en skryfbehoeftes.
Elke kind se spesifieke benodigdhede is ook op die webtuiste beskikbaar.
Die skoenbokse kan op 3 November vanaf 10vm tot 5nm, op 4 November vanaf 10vm tot 3nm of op 5 November vanaf 10vm tot 2nm by Curro Secunda afgegee word.
Vir meer inligting, skakel me. Peuckert by 082 449 4662 of me. Greeff by 083 999 0161.



