Local newsNews

Magdel moedig mense aan om by Bethal DBV betrokke te raak

Die gesin het self vier honde en sy en haar twee seuns gaan weekliks na die DBV om koekies vir die honde te voer.

Me. Magdel Purcocks leer haar kinders van kleins af om groot diereliefhebbers te wees.

Die gesin het self vier honde en sy en haar twee seuns gaan weekliks na die DBV om koekies vir die honde te voer.

“Ons doen dit want ons wil die honde se lewe lekkerder maak en dit is ook goed vir hulle om met ander mense kontak te kan maak.

“Ons as gesin is absoluut gek oor honde en hanteer ons vier soos kinders.”

Wanneer hulle die DBV besoek, speel haar sesjarige seun met die klein hondjies.

Volgens haar kan hulle as gesin nie nog honde aanneem nie, en daarom het sy besluit om só betrokke te raak.

“Ek raak woedend vir mense dat dit hulle twee weke neem om by die DBV aan te klop as hul honde wegraak.

“Dit is die eerste plek waar mens moet begin soek.

“Nog iets wat my ontstel, is wanneer mense trek, laai hulle hul honde net eenvoudig by die DBV af.

“Hoekom het jy dan in die eerste plek honde gekry?”

Me. Purcocks het inwoners aangemoedig om by die DBV betrokke te raak.

“Hulle het hulp nodig, al is dit ook net ’n sak kos.

“Ons het baie om voor dankbaar te wees en wanneer jy help, kry mens iets goeds terug.”

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button