CrimeNews

Secunda 911 wil die gemeenskap help om saam te staan

Hulle wil hê inwoners moet mekaar bystaan en mekaar help beskerm.

Mnr. Roelof Gouws, direkteur van Secunda 911, het gevoel dat die publiek nie die regte platform het waar daar bespreek kan word watter misdaad in en om Secunda plaasvind nie.

Dit is waarom hy die Secunda 911-groep gestig het.

Hy en vriende het dit oorspronklik in Maart 2015 op Secunda begin, maar van hulle het verhuis.

Die Zello- en Facebookgroep het reeds bykans 11 000 volgelinge.

Hulle gebruik tans Zello, Facebook, Instagram, Youtube, WhatsApp en epos-nuusbriewe om met die gemeenskap te kommunikeer.

Die doel van Secunda 911 is om die gemeenskap nader aan mekaar te bring.

Verskeie nooddienste is ook deel van die groep, naamlik Langamed Suid Ambulansdienste, Secunda Polisie, insleepdienste, Secunda Gemeenskapspolisieforum, SSS sekuriteitsmaatskappy, Afriforum, ER24, raadslede en Roman Alarms.

Langamed Suid Ambulansdienste is nie deel van die Secunda 911 Assist-groep nie, maar wel van Secunda 911.

Hulle kan niemand uitsonder nie, omdat hulle voel dat enige iemand wat daar is om te help vir die regte redes welkom is om aan te sluit.

Op die oomblik is mnr. Gouws en mnr. Shayne van der Heever die direkteure van die organisasie.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

Mense is welkom om hulle te kontak op hul Facebookbladsy, Secunda 911, of per e-pos by info@secunda911.co.za.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram

 

Mnr. Roelof Gouws, direkteur van Secunda 911.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button