Elmarie is Residentia Palmoord se nuwe versorgingsdienstebestuurder
Me. Elmarie van der Walt is Residentia Palmoord se nuwe versorgingsdienstebestuurder.

Me. Elmarie van der Walt is Residentia Palmoord se nuwe versorgingsdienstebestuurder.
Sy het op 18 September Bela-Bela (Warmbad) vir Bethal verruil.
Me. Van der Walt het haar opleiding in Polokwane voltooi in onder andere trauma, teatertegniek en intensiewe sorg.
Sy is reeds 28 jaar lank ’n geregistreerde verpleegkundige.
Me. Van der Walt was ondere andere teatermatrone op Bela-Bela en het deeltyds vir Residentia gewerk voor haar verhuising na Bethal.
“Ek beskou my nuwe beroep as ’n uitdaging en wil die groep as ’n span bou wat positief is en die bejaardes se beste belange op die hart dra.”
Haar man is vyf jaar gelede dood en haar dogter studeer tans onderwys en volgens haar is daar niks wat haar op Bela-Bela gehou het nie.
Sy beskou haar werk as versorging in alle aspekte, onder andere voedsame kos, medikasie en die absolute welstand van die inwoners.
“My belangrikste doelwit is dat mense Residentia Palmoord as ’n huis moet beskou.”



