Johan se Ile De France skape is die beste
Hy het 14 ooie en twee ramme ingeskryf wat hom vier eerste plekke en drie tweede plekke besorg het.
Mnr. Johan Roarty het weer eens koning gekraai tydens Standerton se Lentefees waartydens hy op 15 September met sy Ile De France-skape gaan skou het.
Hy het 14 ooie en twee ramme ingeskryf wat hom vier eerste plekke en drie tweede plekke besorg het.
Vanjaar het hy pryse vir die kampioen ooi ouer as 36 maande, die reserwe kampioen ooi ouer as 36 maande, die kampioen ram 24 tot 36 maande en die groot kampioen ram 24 tot 36 maande ontvang.
Mnr. Roarty is trots op dié uitslag omdat dit nie aldag is dat iemand die prys vir kampioen ooi én groot kampioen ram wen nie.
Sy mikpunt is om in Mei 2019 vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in te skryf en dan die prys vir kampioen ooi en ram te wen.
Hy het sy vrou, Vicky, seuns Hugh en Zelmi en sy twee hanteerders, Tokoziz en December, bedank.




Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



