Local newsNews

Fynproewers klink ’n glasie wyn by Wyn-Innie-Tyn

Gaste kon kies en keur watter aand hulle wil bywoon omdat dit vanaf 2 tot 5 Oktober aangebied is.

Wyn-Innie-Tyn was vanjaar groter met meer wyn en meer vermaak.

Dié spoggeleentheid is deur Boesies Restaurant by Lake Umuzi aangebied.

Gaste kon kies en keur watter aand hulle wou bywoon omdat dit vanaf 2 tot 5 Oktober aangebied is.

Daar was elke aand ’n ander landgoed wat hul wyn bekendgestel het wat gaste kon proe.

Verskillende gaskunstenaars het ook om die beurt opgetree.

Van die bekendes wat gaste vermaak het, was plaaslik en die ander was Adam Tas, Philippe Abalovi, Radio Kalahari Orkes, Foxtrot, Lochner de Kock, Richard van der Westhuizen, Andrew Roos en Jak de Priester.

Die landgoedwyne waarvan gaste kon kies, was Groot Constantia, Kaapstad, Rietvallei, Robertson, Beyerskloof, Stellenbosch, Boplaas en Klein Karoo.

Fynproewers en musiekliefhebbers het saam gelag, gedans en goeie kos geniet.

Vir nog foto’s van dié geleentheid, besoek PC Annandale se Faceboekbladsy.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnr. Bennie en me. Melissa Wyngaardt het een van die Wyn-Innie-Tyn-aande bygewoon wat tydens die Lake Umuzi Week of Festivals aangebied is. (Foto: PC Allandale)
Adam Tas was een van die kunstenaars wat by Wyn-Innie-Tyn opgetree het. Hier is hy saam met me. Natasha Herbst. (Foto: PC Allandale)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button