Clarke van der Walt het drie hartaanvalle gehad verlede jaar en waarsku teen gevare van rook
Ek is ’n lewendige bewys daarvan dat rook ongesond is en jou lewe in gevaar stel. Dit is glad nie die moeite werd om te rook nie en dit bly vir altyd in jou sisteem.
Mnr. Clarke van der Walt was al deur diep waters nadat hy drie hartaanvalle gehad het, maar het nie moed verloor om sy gemeenskap te bedien en sy getuienis te deel nie.
Hy is tans voltyds by Trichardt se gemeenskapspolisieforum (GPF) betrokke en dien op die komitee as die uitvoerende voorsitter.
Mnr. Van der Walt se lewe het eers ander draaie met hom geloop voordat hy tot op dié punt gekom het.
Hy het vertel: “Ek het vir 35 jaar straf gerook. Nadat ek met blaaskanker in 2014 gediagnoseer is, het ek opgehou rook.
“Die dokter kon gelukkig betyds al die kanker verwyder, maar het my gewaarsku dat indien ek nie ophou rook nie, dit weer sal terugkom.
“Negentig persent van mans kry blaaskanker weens rook.”
Mnr. Van der Walt het drie hartaanvalle gehad aan die begin van Maart verlede jaar en moes daarna ’n hartomleiding kry.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



