Local newsNews

NUUSFLITS: Standertonners het vreesaanjaende storm op Secunda beleef

Volgens me. Chantell Green was dit vreesaanjaend, die wind het vreeslik begin waai, die restaurant waar hulle was se seile het afgewaai.

Die Green-gesin van Standerton het een oomblik nog hul dogter se verjaarsdag op Secunda geniet toe hul omstreeks 6.40nm op 21 Oktober, stormsterkwinde ondervind het.

Hulle het gaan uiteet en in dié tyd het die weer opgesteek.

Volgens me. Chantel Green was dit vreesaanjaend, die wind het vreeslik begin waai en die restaurant waar hulle was, se seile het afgewaai.

Sy het gesê dat kinders nog oomblike voordat die sinke by die kinderafdeling se speelplek  deur die wind afgeruk is, nog daar gespeel het.

“’n Paar minute voor die verskriklike wind was dit baie warm en die volgende oomblik was dit chaos.”

Volgens haar het die mense vreeslik rondgeskarrel en die kelners het hulle hande volgehad.

“Ek is net dankbaar dat almal veilig is en niemand beseer is nie,” het sy gesê.

Volgens inskrywings op Facebook is daar baie skade in dié omgewing met bome wat ontwortel is, dakke wat afgewaai het en winkels se venster wat uit is.

Hier is van die foto’s wat op sosiale media gedeel is:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button