Local newsNews

Ds. Giel Roux lê die tuig neer na dekades in die bediening

“Ek het nie opgedaag om alles te verander nie, maar ons wou deel van die gemeentekultuur word en ek wou my bediening vestig soos ek geroep is.”

Na dekades in die bediening lê ds. Giel Roux van die N.G. Kerk se Moedergemeente amptelik die tuig op 29 Oktober neer.

Met ondervinding in pastorale hulp in Johannesburg, dosent by die destydse RAU, mede-leraar in die middestad in Johannesburg, asook Aasvoëlkop-gemeente en Fairland-gemeente, was dié stadsjapie nie heeltemal ‘n vreemdeling vir die platteland nie.

Ds. Giel, Marie sy vrou, en die gesin se verblyf op Witrivier in die laat 80’s voor die nuwe demokrasie, het die oorgang van ‘n oop gemeenskap na ‘n geslote gemeenskap ingelei, en die aankoms op Standerton jare daarna was ‘n ‘sagte landing’.

Die gemeente se verwelkoming het dit juis bewerkstellig.

Sy standpunt oor die vertrek na Standerton het dit onomwonde gestel.

“Ek het nie opgedaag om alles te verander nie, maar ons wou deel van die gemeentekultuur word en ek wou my bediening vestig soos ek geroep is.”

 

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button