Local newsNews
Ondersteun Kersfees agter Tralies-projek vir vroue
As jy wil help of ’n bydrae wil lewer, skakel me. Elaine Koch by 082 462 5422.
Ds. Mariaan Beukes wat die Invest my Future-projek begin het, bied weer vanjaar die jaarlikse Kersfees agter Tralies-projek by die Bethal Gevangenis aan.
Dit vind in die eerste week van Desember by die gevangenis plaas en die doel van dié projek is om toiletware, seep en waslappe aan die vroue in die tronk uit te deel.
Die items wat oorbly, gaan aan kinders wie se ouers in die tronk is en tans in pleegsorg bly, geskenk word.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat ds. Beukes dié projek aanbied en sy bied dit ook by tronke op ander dorpe aan.
As jy wil help of ’n bydrae wil lewer, skakel me. Elaine Koch by 082 462 5422.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



