Local newsNews

VLU-vroue kry plaaslike ’celeb‘ om hulle toe te spreek

Sy het met humor al die staaltjies vertel wat gedurende dié tyd in haar lewe gebeur het.

Nadia de Wet, wat onlangs as Sarie se Voorbladgesig van die Jaar gekroon is, het op 10 Oktober die Vroue Landbou-unie (VLU) Vaalriviertak toegespreek.

Dié tak het hulle maandelikse vergadering by die N.G. Kerk Suid-gemeente gehou.

Nadia het aan die vroue van haar ervaringe vertel tydens die proses waar sy later as die wenner aangewys is.

Sy het met humor al die staaltjies vertel wat gedurende dié tyd in haar lewe gebeur het.

Toe haar naam aangekondig is en sy doodluiters net bly sit het, het die vrou langsaan, haar met so hupstootjie vorentoe gehelp.

En toe sy staan, het sy besef haar hakskoen het tussen die gleufies van die verhoog ingegaan en vasgehaak.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button