’n Bejaarde-egpaar, mnr. Dries en me. Petro Joubert, is lig beseer en in skok nadat ’n Chevrolet Cruz op 21 Oktober by die Meyervillebrug glo in hulle vasgejaag het.
Die ander party het vermoedelik later van die toneel weggejaag.
Volgens ooggetuies het ’n bestuurder van ’n wit Chevrolet Cruz aan die verkeerde kant van die pad gery.
Met aankomende verkeer moes dié bestuurder ’n plan maak om in die regte baan te kom.
Dit is blykbaar toe die ongeluk gebeur het.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


