CrimeNews

Kasselman Veiligheidsdienste beloon as onbetwiste leier in veld

KVD het van 2010 tot 2017 drie goud, ses silwer en twee brons toekennings gekry.

Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het vir die sewende agtereenvolgende jaar ’n toekenning in die afdeling sekuriteitsmaatskappye in Mpumalanga by die PMR Afrika Toekenningsfunksie ontvang.

Vanjaar se funksie is in Mbombela (Nelspruit) aangebied waar KVD met ’n silwer toekenning beloon is.

Mnr. Jandré Kasselman het KVD verteenwoordig.

KVD het van 2010 tot 2017 drie goud, ses silwer en twee brons toekennings gekry.

Die doel van die toekennings is:

• Om ’n globale en unieke bemarkingsinstrument vir die onderneming, departement of instelling te skep.

• Om uitnemendheid in die bedryf te verbeter.

• Om ’n maatstaf (benchmark) in die bedryf te stel.

• Die toekennings is aanwysers van ’n maatskappy, departement of instansie se bevoegdhede.

• PMR Afrika wil hê die ondernemings moet die toekenning gebruik, nie net as bemarkingsinstrument nie, maar ook om die personeel te bedank om die persepsie en realiteit daar te stel dat hulle ’n onbetwiste leier in die onderskeie bedrywe is.

 

Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button