Hoëvelder spog met twee nuwe verkoopsmense
"Ons sien daarna uit om ons kliënte te besoek en al ons nuwe produkte met hulle te bespreek."

Die Hoëvelder spog met twee nuwe verkoopsmense, terwyl ‘n ou staatmaker besluit het om die geklassifiseerde afdeling te verruil vir vertoonadvertensies.

Me. Charine Steyn is reeds sewe jaar in diens van die Hoëvelder en betree nou die wêreld van vertoonadvertensies. Sy het op Ermelo grootgeword en beskou die nuwe rigting wat sy ingeslaan het, as ‘n uitdaging.
Me. Natalie Pieterse woon reeds 15 jaar op Ermelo en is positief oor haar nuwe loopbaanskuif. Die nuwe verkoopspersoon in die geklassifiseerde afdeling is me. Lindi Hattingh.
Me. Hattingh is ‘n gebore Ermeloër en is opgewonde om nou by die Hoëvelder te werk.
Kliënte is welkom om hulle by die volgende nommers te skakel: me. Steyn by 084 998 4025, me. Pieterse by 078 135 9324 en me. Hattingh by 017 811 2221.
Me. Steyn en me. Pieterse het kliënte beloof om hulle persoonlik te kom dagsê.
Me.Carmen Fletcher, groepadvertensiebestuurder, het gesê dat die bestuur opgewonde is oor die nuwe dinamiese span by die Hoëvelder.
“Ons sien daarna uit om ons kliënte te besoek en al ons nuwe produkte met hulle te bespreek.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



