Editor's choiceLocal newsNews

Teksa Blommeklub-lede leer meer oor vryvormangskikkings

In dié ontwerpe mag lede net 'n beperkte hoeveelheid plantmateriaal gebruik en dit word volgens natuurlike lyne gerangskik.

Lede van Teksa Blommeklub het op 19 Oktober vergader en me. Roz du Preez het vir lede rangskikkings met die tema vryvorm gewys.

In dié ontwerpe mag lede net ‘n beperkte hoeveelheid plantmateriaal gebruik en dit word volgens natuurlike lyne gerangskik.

“Spasie is ‘n integrale deel van jou ontwerp en jy kan met dié ontwerp baie spasies maak, anders as met tradisionele ontwerpe,” het me. Du Preez gesê.

Sy het aanbeveel dat lede materiaal gebruik wat nie gou verwelk nie, veral as hulle aan skoue gaan deelneem.

“Hou altyd die blare wat jy gebruik mooi blink en gebruik een prominente blom as jou fokuspunt.

“Geen geverfde of gemanipuleerde materiaal mag gebruik word nie.”

Teksa Blommeklub sluit op 9 November vir die jaar af en sal dan eers weer in Januarie vergader.

Vir meer inligting, skakel me. Magda Schwab by 083 611 0684.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button