Inwoners van Davieshof dankbaar vir spoedhobbel
Inwoners van Davieshof het onveilig gevoel omdat hulle ’n besige pad moet oorsteek wanneer hulle inkopies wil gaan doen.
Inwoners van Davieshof het onveilig gevoel omdat hulle ’n besige pad moet oorsteek wanneer hulle inkopies wil gaan doen.
Voertuie stop soms glad nie of jaag om die voertuig wat voor hulle stilstaan en vir ’n bejaarde wag om veilig oor die pad te stap.
Die direkteure van die Davieshof-sentrum het die insiatief geneem om ’n spoedhobbel oor die pad te bou.
Een van die direkteure het Govan Mbeki Munisipaliteit, genader om te hoor hoe hulle met dié projek kan help.
Die raad kon nie die materiaal bekostig nie, maar het wel ingestem om arbeiders te voorsien.
Hulle het ook toestemming gegee dat daar wel ’n spoedhobbel gebou kon word.
Davieshof-sentrum het hande met AfriForum Secunda geneem en in samewerking met die munisipaliteit ’n spoedhobbel voor Davieshof gebou.



Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



