CrimeNews

Man vermoor in Bethal Gevangenis, bewaarders sê hy is verwurg

Me. Susan Deysel soek antwoorde nadat haar seun, mnr. Jan Kruger (46), op 4 November in Bethal Gevangenis dood is.

Me. Susan Deysel soek antwoorde nadat haar seun, mnr. Jan Kruger (46), op 4 November in Bethal Gevangenis dood is.

Hy is glo die Dinsdagoggend dood in sy sel aangetref en me. Deysel glo hy is vermoor.

Mnr. Kruger het met dwelms deurmekaar geraak en aan die begin van die jaar het hy en me. Deysel in mense se erf in ’n woonwa op Charl Cilliers gewoon.

Mnr. Kruger het van die mense waar hulle gewoon het, se besittings gesteel om geld vir dwelms te kry en die huiseienaar het ’n diefstalklag teen hom gaan lê.

“Ek het nie geweet Jan het die mense se goed gesteel terwyl hulle met vakansie was nie en hulle het dit agtergekom toe hulle terug is,” het me. Deysel gesê.

Mnr. Kruger is op 30 Oktober in hegtenis geneem en op 31 Oktober het hy in die hof verskyn.

Die hof het hom skuldig bevind en hy is tot 50 dae tronkstraf gevonnis of R500 boete.

Me. Deysel het nie die R500 gehad om die boete te betaal nie en mense na aan haar het haar aangeraai om hom te laat sit in die tronk omdat hulle gehoop het hy dan ’n les sou leer en die dwelms sou los.

Me. Dreyer wou weet hoe haar seun dood is. Met haar besoek aan die gevangenis later in die week, het een die bewaarders gesê hy is verwurg, maar me. Dreyer het ’n verslag by Bethal Gevangenis op ’n tafel sien lê wat merke op haar seun se bors aangedui het.

“Hoekom is daar merke op sy bors as hy verwurg is? En wie het hom verwurg?

“Ek soek antwoorde, ek wil weet wat met my kind gebeur het.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button