
Drie weke na haar seun se dood in Bethal Gevangenis, het me. Susan Deysel steeds geen antwoorde oor hoe hy dood is nie.
Intussen probeer sy R6 000 bymekaar maak om sy begrafnis te reël.
Volgens haar skakel Bethal Korrektiewe Dienste haar gereeld om te hoor wanneer sy haar seun se liggaam gaan laat verwyder.
Me. Deysel het verskeie kere na haar seun se dood Bethal Korrektiewe Dienste geskakel en besoek, maar almal trek net hul skouers op.
Sy het die ondersoekbeampte weer Maandag, 27 November geskakel om inligting te kry en volgens hom was daar 10 gevangenes in ’n sel en nie een van hulle weet wat met mnr. Kruger gebeur het nie.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/103590/man-vermoor-in-tronk/



