CrimeNews

Bruilof moes vir begrafnis verruil word

Die familie van mnr. Gavin Wolfswinkel (32) wat in 2015 saam met sy werknemer, mnr. Lucky Sithome (30) doodgeskiet is, het ’n beloning uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die moordenaars kan lei.

Die familie van mnr. Gavin Wolfswinkel (32) wat in 2015 saam met sy werknemer, mnr. Lucky Sithome (30) doodgeskiet is, het ’n beloning uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die moordenaars kan lei.

Die familie het ook ’n privaat speurder aangestel om te help met die ondersoek na die moord op mnr. Wolfswinkel en mnr. Sithome.

Die twee mans is Sondagaand, 15 November 2015 op ’n kleinhoewe naby Boschkop, oos van Pretoria, koelbloedig vermoor.

Drie gewapende mans het glo toegang tot die kleinhoewe verkry, waarna die alarms afgegaan het.

Mnr. Wolfswinkel het gaan ondersoek instel en is deur een van die aanvallers in die kop geskiet.

Nadat hulle hom geskiet het, is mnr. Sithome in die bors geskiet.

Enige iemand met inligting wat die familie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om me. Chnay (Wolfswinkel) Coetzer te skakel by 079 522 1219.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word en mense kan ook anoniem bly.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/47446/oud-leerling-van-hoerskool-secunda-koelbloedig-vermoor/

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnr. Lucky Sithome (30) is in die bors geskiet en is op die toneel dood.
Mnr. Gavin Wolfswinkel en sy werknemer, mnr. Lucky Sithome, is Sondagaand, 15 November 2015 op ’n kleinhoewe naby Boschkop, oos van Pretoria, koelbloedig vermoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button