CrimeNews

AfriForum oorhandig memorandum

ie vestiging van samewerkingsraamwerke met die polisie op plaaslike asook provinsiale vlak.

Die AfriForum-memorandum het die volgende ingesluit:

A.• Die vestiging van samewerkingsraamwerke met die polisie op plaaslike asook provinsiale vlak.

• Die raamwerke moet volgens ’n Gemeenskapspolisiëringsbeleid, Raamwerk en Riglyne bestuur word wat aanbeveel dat alle lede van die polisie deelneem aan gemeenskapspolisiëring en probleemoplossingsinisiatiewe.

• Gemeenskapspolisiëring aanvaar dat polisie-agentskappe nie misdaad en wanorde op hul eie kan oplos nie.

• Om suksesvol te wees, moet die polisie vennootskappe met ander regeringsdepartemente, inwoners, gemeenskapsleiers, sakelui, skole, nie-regeringsorganisasies, ander diensbeamptes en regsagentskappe stig. Almal word beskou as gelyke vennote wat saamwerk om die lewensgehalte in die gemeenskap te verbeter.

• Gemeenskapspolisiëring behels ’n pro-aktiewe benadering. Die fokus word verbreed van reaktief met betrekking tot ernstige misdaad en ’n gevolglike oorbeklemtoning van wetstoepassing tot proaktief met betrekking tot misdaadvoorkoming, die oplossing van gemeenskapsprobleme en aanpak van die oorsake van misdaad en wanorde.

B. • Die ontwikkeling van inligtingsnetwerke in samewerking met die polisie en gemeenskappe in landelike gebiede.

C. • Die ontwikkeling van bestaande gebeurlikheidsplanne met die polisie om dié planne dienooreenkomstig te implementeer.

D. • Hulp aan boere en hul werkers met opleiding om operasionele kapasiteit te verkry waardeur hulle die polisie in landelike veiligheidsbedrywighede kan bystaan.

E. • Klem op wenke en praktiese gidse om gesinne, werkers en eiendom op plase te beskerm.

F. • Die vestiging van permanente polisievleuelondersteuning vir landelike gebiede wat vir elke provinsie aangewys is, veral provinsies wat deur aanvalle bedreig word.

G. • Smee van uitstekende verhoudings met die polisie en enige ander organisasie wat landelike veiligheidsinisiatiewe bevorder.

H. • Die bou van die sogenaamde goue driehoek van gemeenskapsveiligheid, naamlik die polisie, die gemeenskap en privaatsekuriteit.

Volgens Afriforum sal daar beslis ’n afname in landelike misdaad wees as bogenoemde geïmplimenteer word.

Lees die berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button